1. Home
  2. Bybelstudies
  3. Die Sabbat
  4. Hoe om die Sabbat te vier

Hoe om die Sabbat te vier

1. Wat is die eerste bevel in die Sabbatsgebod?

Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig.
Eksodus 20:8

2. Watter dag is die Sabbat?

maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God;
Eksodus 20:10

3. Met watter doel moet ons die Sabbatdag gedenk?

Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig.
Eksodus 20:8

4. Wie het die Sabbatdag geheilig?

… Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig.
Eksodus 20:11

5. Wanneer begin die Sabbat volgens die Bybel?

“En dit was aand en dit was môre, die eerste dag.”
“En dit was aand en dit was môre, die tweede dag”
“En dit was aand en dit was môre, die derde dag”
Génesis 1:5, 8, 13, 19, 23, 31.

.. van aand tot aand, moet julle jul sabbat hou.
Levítikus 23:32

Opmerking: Een voordeel van Sabbatsviering volgens die Bybelse metode, naamlik van sononder tot sononder, eerder as die Romeinse manier van middernag tot middernag, is dat die mens volgens die Bybelse manier wakker is om die dag te verwelkom en vaarwel te sê wanneer dit kom en gaan, terwyl jy in laasgenoemde plan slaap wanneer die dag begin en eindig. Die sonsondergang is ‘n groot natuurlike teken waarmee mens tyd in dae kan verdeel.

6. Wat is ware Sabbatsviering volgens die profeet Jesaja?

As jy jou voet terughou van die sabbat—om nie jou sake op my heilige dag te doen nie, en as jy die sabbat ‘n verlustiging noem en die heilige dag van die HERE hooghou; en as jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie, nie geleentheid vir jou sake soek of ydele taal spreek nie;  dan sal jy jou verlustig in die HERE, en Ek sal jou laat ry oor die hoogtes van die aarde en jou laat geniet die erfdeel van jou vader Jakob; want die mond van die HERE het dit gespreek.
Jesaja 58:13-14

7. Op watter dag moet voorbereiding vir die Sabbat gedoen word?

En dit was die dag van voorbereiding, en die sabbat wou aanbreek.
Lukas 23:54 (AOV)
Dit was Vrydag, en die sabbat het al begin aanbreek.
Lukas 23:54 (ANV)
Opmerking: Om die Sabbatdag te heilig, moet mens gedurende die week onthou;  en op die sesde dag, die dag net voor die Sabbat, behoort spesiale voorbereiding gedoen te word, sodat mens gereed kan wees om die dag te verwelkom wanneer dit aanbreek.

Was this article helpful?

Related Articles