1. Home
  2. Algemeen
  3. Die Ware Kerk

Die Ware Kerk

Die Heilige Gees lei ons tot die waarheid. Daar is so baie verskillende Kerke en almal sê hulle het die waarheid maar glo verskillend. En elkeen sê hulle word deur die Heilige Gees gely. Hoe dan nou?

Antwoord

Wat sê die Bybel? “Toets die Gees.” Wat is die maatstaf waarvolgens ons toets? Die Woord. Wat is waarheid? Jesus is die Waarheid. Hulle verkondig Jesus, Jesus is die waarheid. Verkondig hulle die wet? Want die wet is waarheid. As hulle sê die wet bestaan nie meer nie, verkondig hulle nie meer die wet nie, dan kan dit nie meer waarheid wees nie. As hulle sê die Woord is waarheid maar hulle verkondig dat evolusie die waarheid is dan verkondig hulle dat ‘n deel van die Woord nie waarheid is nie. So, wat is die maatstaaf? As jy sê die Woord is waarheid dan is die Woord waarheid! As hulle sê die Skepper God het nie geskep nie, alles het deur ‘n oerknaal ontstaan, Hy het dit nie in die lewe in gespreek nie, is dit waarheid? Is dit volgens die Woord? Antwoord is nee! As hulle sê ons moet klein doop en die Bybel sê niks van klein doop nie, is dit waarheid, of is dit nie waarheid nie?  Jy vat die kriteria van wat hulle verkondig en vergelyk dit met die Woord. As dit nie ooreenstem met die Bybel nie, kan dit dan ‘n ware kerk wees?

Was this article helpful?

Related Articles