Almal weet dat water goed is vir die liggaam, maar ons besef nie hoe lewensbelangrik dit is vir ons gesondheid nie. Ons besef ook nie wat met ons liggame gebeur as dit nie sy daaglikse kwota water ontvang nie. Die eenvoudige waarheid is dat ontwatering siektes kan veroorsaak. Onwetende dehidrasie veroorsaak stress, langdurige pyne en baie ander degenerasiesiektes. ‘n Droë mond is nie die enigste teken van ontwatering nie. Pyn in jou ligaam is ‘n noodroep van die liggaam vir water. Sooibrand is byvoorbeeld jou liggaam se manier om jou te vertel dat daar ‘n watertekort in die verteringskanale is. As ons wag totdat ons dors word, is dit al klaar te laat. As ons reg wil leef moet dors verhoed word. Drink dus genoeg water voor jy dors word.
Water reguleer alle funksies van die liggaam. Ons liggame bestaan uit 75% water en die brein is 85% water. Menigte siektetoestande kan genees word deur water. Ek gebruik die woord genees, want hierdie siektes is ‘n teken van ontwatering. Genees dus die ontwatering, en die siektetoestand sal verdwyn.
Neem nou dan byvoorbeeld sooibrand na etes. Die beste oplossing hiervoor is om water in te neem ‘n half uur voor etes. Dit is gewoonlik die beste tyd, want water gaan die maag binne en word opgeneem. As voedsel nou binne die half uur die maag binnekom, word hierdie water weer alles in die maag vrygestel om te help met die vertering van die kos. Water wat reeds langer in die liggaam is, is gewoonlik al klaar in gebruik vir ander prosesse. Die liggaam het vars water nodig vir ‘n vars (nuwe) aktiwiteit. Vaste kos wat die liggaam inkom is ‘n nuwe aktiwiteit, so die liggaam het vars water nodig om dit op te los en af te breek vir opname in die liggaam.
Basies is pyn ‘n goeie aanduiding dat die liggaam drasties water nodig het. Die area wat pyn ondervind, is gewoonlik ontwater. Die meganisme is baie eenvoudig. Giftige chemiese afval bou op as ons nie genoeg water drink nie, omdat daar nie genoeg water teenwoordig is om die afvalstowwe weg te was nie. Dit is die water se funksie in die liggaam. Dit is soos die asbliksakke wat jy voor die deur in die straat uitsit, maar niemand kom laai dit op nie. Na ‘n week of drie sal hierdie afval voor jou deur begin stink in jou nabye omgewing. Dit werk presies net so in die selle van ons liggame. Waar daar aktiwiteit is, is daar opbou van giftige afvalstowwe. As hierdie afvalstowwe nie verwyder word nie, word die onmiddelike omgewing besmet. Hierdie besmetting word dan deur die senupunte in die besmette area waargeneem, en oorgedra na die brein in die vorm van pyn. Drink genoeg water en die pyn sal weggespoel word.
So hoeveel is genoeg water. Dit word aanbeveel om agt tot tien glase water per dag te drink. ‘n Glas is ongeveer 250 ml, so tien is 2.5 liter per dag. As jy baie aktief is en miskien sport beoefen of dit is dalk baie warm, moet die inname van water baie meer wees. Die beginsel is dat as jy nie aktief is nie, en dit is glad nie warm nie, en jy drink nie te minste tien glase water nie, is jy besig om te ontwater, sonder dat jy dit eers weet. Sout inname is ook baie belangrik saam met die water. Per dag moet ongeveer 3 tot 4 gram seesout ingeneem word.
Water verhoed en genees menigte siektes soos sooibrand, gewrigsontsteking, rugpyn, aarvernouings, asma, hoë bloedruk, diabetes en baie ander. Daar is eenvoudige bewyse dat water wel meeste van ons siektes genees, maar die spasie hier is baie beperk om alles te verskaf. Ek wil egter net miskien die asma probleem aanraak. Asma word veroorsaak deur die droogte beheer program in die liggaam. In asma pasiënte word die vrye toegang van lug beperk deur hierdie droogte beheer program, sodat water nie so baie uit die liggaam verloor word deur die vog in die asem nie. Persone wat meer water inneem, ondervind drasies minder asma aanvalle. Hierdie is maar net een voorbeeld uit die baie voordele van die helende effek van water. Stel dit gerus op die proef. Dis so maklik en kos nie veel nie.