Wat sal vehoed dat God se kinders verlei word?
“hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was.” Handelinge 17:11.
” Tot die wet en tot die getuienis! As hulle nie spreek volgens hierdie woord nie, is hulle ‘n volk wat geen dageraad het nie.“
Jesaja 8:20
Deur ernstige Byblestudie, sal God se kinders duidelike weet en verstaan dat die dooies dood is. Geeste van die dooies bestaan nie. Daarom sal God se kinders alle profete en leraars verwerp wat daarop aanspraak maak dat hulle spesiale lig ontvang het deur met geeste van afgestorwenes kontak te maak. God se kinders sal ook leerstellings wat daarop aanspraak maak dat die dooies enigsins iets weet terwyl hulle dood is, as vals en gevaarlik verwerp.
Wat is die hoop vir elkeen van ons?
“En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie.
Openbaring 21:1
“En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan. Openbaring 21:4