Weet die dooies wat die lewendes doen en is daar kommunukasie moontlik?
“Maar ‘n man sterwe en is magteloos; (en verdwyn 1983 v) ja, ‘n mens blaas die asem uit en–waar is hy.”Job 14:10 (Maar die mens sterf en verdwyn, hy blaas sy laaste asem uit, en waar is hy?) [1983]
“so lê die mens daar sonder om weer op te staan; totdat die hemele nie meer is nie, word hulle nie wakker of uit hul slaap opgewek nie.” “Sy kinders kom in eer, maar hy word dit nie gewaar nie; en hulle word gering, maar hy let nie op hulle nie.”
Job 14:10, 12, 21
“Want die lewendes weet dat hulle moet sterwe, maar die dooies weet glad niks nie, en hulle het geen loon meer nie, want hulle nagedagtenis word vergeet. Hulle liefde sowel as hulle haat, ook hulle naywer, het lankal verdwyn, en hulle het vir ewig geen deel meer aan alles wat gebeur onder die son nie.”
Prediker 9:6
“Sy gees gaan uit, hy keer terug na sy aarde toe; op daardie dag is dit met sy planne gedaan.”
Psalm 146:4
“Want in die dood word aan U nie gedink nie; wie sal U loof in die doderyk?”
Psalm 6:6
“Die dode en almal wat na die stilte neerdaal, sal die HERE nie loof nie;”
Psalm115:17
“Want die doderyk sal U nie loof nie, die dood U nie prys nie; die wat in die kuil neerdaal sal op U trou nie hoop nie.”
Jesaja 38:18
“Alles wat jou hand vind om te doen, doen dit met jou mag, want daar is geen werk of oorleg of kennis of wysheid in die doderyk waar jy heengaan nie.”
Prediker 9:10
“Want die lot van die mensekinders is ook die lot van die veediere: hulle het een en dieselfde lot; soos die een sterwe, so sterwe die ander, en hulle almal het dieselfde asem, en ‘n voorkeur van die mens bo die veediere is daar nie; want alles is tevergeefs.”
Prediker 3:19
Antwoord: Die dooies kan nie die lewendes kontak nie, nog minder weet hulle wat die lewendes doen. Hulle is dood en weet niks nie.