Vir wie kom Jesus haal met Sy wederkoms?
“Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.”
1 Thessalonicense 4:16, 17
“Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word, in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word. Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word.”
1 Korinthiërs 15:51-53
Die lewende verlostes word in ‘n oomblik verander, en die “slapende” verlostes word onverganklik opgewek en saam word hulle in die lug weggevoer, Jesus tegemoet.
Daar sou geen sin in hierdie opwekking van die dooies wees as mense alreeds met hul afsterwe hemel toe gegaan het nie.